Jou Storie | Your Story

Vertel ons jou storie

Kom en verstel ons jou stories, staaltjies uit George se verlede. Nie politiek gedrewe nie, maar stories van hoe George was.

George het ‘n baie ryk geskiedenis en alles gaan verlore want nêrens het iemand dit opgeteken nie. Ons vertel nie meer stories nie want dit is makliker om kinders met TV en selfone besig te hou. So rukkie gelede was ek by ‘n byeenkoms saam met ‘n paar bedieningsleiers en die een ou oom van Rosemore vertel dat wanneer daar familie byeenkomste was het die Oupas altyd stories uit hul verlede vertel. Ek kan self dit onthou, van die stories onthou ek tot vandag.

Dit het my laat dink om dit met Georgiete staan saam te doen.

Hoe doen ons dit? Vul die vorm hieronder in met jou storie. Skryf dit eers in MS Word of enige ander digitale formaat. Stuur fotos, enigiets wat jou storie bietjie kleur kan gee.

Ek hoor graag van jou!

*
*
*